top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Om voor te gee is uitputtend!

deur Elmarie van der Westhuizen “The heart of the world is breaking under this load of pride and pretense. There is no release from our burden apart from the meekness of Christ.” — A.W. Tozer, The Pursuit of God Ek betrap myself van tyd tot tyd dat ek in die versoeking is om te probeer voorgee dat ek meer suksesvol is as wat ek werklik is. Dis wanneer ek spog met my klein suksesse en leef deur my kinders se prestasies. Of erger nog, as ek hulle dryf om harder te werk aan ekstra klasse en buitemuurse bedrywighede, want ek het nooit eintlik iets bereik nie. Wanneer ek in geselskap beland waar daar gepraat word oor die oorsese toere, die bosveldplaas en die strandhuis, lyk die ander mense vir my sprankelend, suksesvol en ryk en voel ek my nie deel van die suksesgroepie nie. Ek voel tog so eenvoudig en vervelig in vergelyking met hulle! Dis waar ek dan soms swig voor die versoeking om bietjie aan te dik en my lewe meer interessant en suksesvol te laat klink. Maar, om voor te gee is uitputtend. En dit is ook ’n leuen. As ek myself met ander mense vergelyk en myself aan hulle standaarde meet, gaan ek altyd te kort skiet. Daar gaan altyd iemand wees wat ouliker en meer suksesvol is as ek. Ek is egter nie die somtotaal van my omstandighede, suksesse of mislukkings nie. Of die kar wat ek ry of die woonbuurt waarin ek bly nie. Ek word nie gedefinieer deur wat ander van my sê, die etikette wat hulle om my nek hang óf deur my gevoelens nie. Dis baie meer waardevol om my identiteit in Christus te ontdek deur ’n studie te gaan maak van wat die Bybel oor my sê – en dit begin glo. Ek is vir God so belangrik dat Hy sy Seun gegee het om vir my sonde te sterf, my vry te koop van die mag van sonde – sodat ek die ewige lewe kan hê. Wanneer ek Hom aanneem, gee Hy my sy Gees, wat soos strome lewende water uit my binneste sal vloei. Sy Gees leer my om te bid, lei my in die volle waarheid en vul my met krag en liefde en selfbeheersing. In Hom het ek alles wat nodig is om Sy wil te doen. Hy gee vir my wysheid en insig – selfs méér as wat geleerde mense het. Wanneer ek weer in ’n geselskap is waar ek voel ek is nie goed genoeg nie, hoef ek God nie so ’n bietjie te help om my goed te laat lyk nie – ek kan met vertroue my plek in die samelewing inneem, want ek is ’n kind van die Koning van die konings. “This “identity issue” is an important part of living the abundant life. Jesus was able to face the incredible demands of his mission because he knew exactly who he was. He knew that he mattered to God, and that gave him confidence to move purposefully in faith.” — Rick Warren

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page