Daar’s ’n beter pad
- ekerkweb
- Apr 23, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Mick Jagger sing: “You can’t always get what you want.” Hy is reg. Te veel mense se lewens speel af in “Behoefte–Aangedrewe Vallei.” Soos wat die Engels sê: hulle is “wants and needs driven.” Die probleem met so ’n leefwyse is dat dit ’n bodemlose put is. Behoefte–aangedrewe mense het nooit genoeg van dit wat hulle najaag nie. Daar is altyd nog iets wat hulle benodig om regtig gelukkig te wees. Hulle is voltydse tekort–kommers! Jesus waarsku dat so ’n leefwyse ’n pad van vernietiging is. Dit verander die slagoffers in bekommerde, angstige mense. Selfsugtige behoeftes steel al hulle rus en vrede. Hoe geseënd is ons nie voor God as ons lewens nie langer bepaal word deur die oorvloed, of gebrek aan, ons besittings nie. Hoe gelukkig is ons nie as ons regtig kan sê: “Die Here is my herder; ek kom niks kort nie.” Maar om hierdie roete te vind moet ons skape van die regte Herder te wees. Ons moet kies om agter Hom aan te stap wat sy lewe in ons plek kom aflê het. Ek praat van Christus. Hy is die goeie Herder. Hy lei ons na groen weivelde toe.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...