top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Good to Great to Goodness

deur Johan Beukes Daar is baie leiers wat al Jim Collins se boek, From Good to Great gelees het. Iemand het onlangs die boek aangehaal en genoem dat daar ‘n nuwe weergawe nodig is. Die titel moet dan soos volg daarna uitsien: From Good to Great to Goodness... Die nuwe titel is baie relevant wanneer ons na die huidige situasie in SA kyk. Te midde van die blatante korrupsie en vele ander probleme is daar ‘n groepering van Good leiers wat ‘n Great impak maak. Wat my egter opval is dat dit vir hulle moeilik is om saam te werk aan Goodness. Aan die ander kant wil dit voorkom asof die groepering van Bad leiers wat ‘n Worse impak maak, gemaklik saamwerk aan Badness... Ek wonder of die rede hiervoor nie dalk te doen het met Scot McKnight se onderskeid tussen Sosiale geregtigheid (Social Justice) en Verlossingswerk (Redemptive moments).

  • Social justice: “When good people do good things in the public sector for the common good”.

  • Redemptive Moments: “When God breaks through redemptively in one of three areas — personal salvation, miraculous healing, cultural influence.” The first two are soteriology, the third more creation theology.

Baie leiers se aanname is dat bogenoemde konsepte sinoniem is. Ek wonder hoe sou die verskil ons koninkryk-samewerking beïnvloed? “Ek bid vir hulle! Ek bid vir elkeen wat U vir My gegee het om na te kyk. Hulle behoort immers aan U. Oor hulle wil Ek nou met U praat en nie oor al die ander mense in die wêreld nie. Ons is mos soos een groot familie. Hulle lê My net so na aan die hart as vir U en U gee net soveel om vir hulle as Ek. Hulle sal vir mense vertel hoe belangrik Ek is. Ek gaan mos nou nie meer langer fisiek hier op die aarde bly nie. Ek is op pad terug na U toe, maar hulle gaan fisiek hier op die aarde agterbly. Vader, daar is niemand soos U nie. Daarom vra Ek U, kyk asseblief na hierdie mense wat Ek tot nou toe versorg het. U het die gesag om hulle te beskerm. Die gevolg sal wees dat hulle soos een man sal saamwerk, net soos U en Ek saamwerk. Toe Ek by hulle was, het Ek mooi gekyk na die mense wat U aan My gegee het om na te kyk. Ek het hulle soos goud opgepas. Nie een van hulle het die spoor byster geraak nie.” — Johannes‬ ‭17‬:‭9-12‬ DB

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page