Die Here preserveer ons nie
- ekerkweb
- Apr 16, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert As party mense bid: “bewaar my, Here,” dan bedoel hulle eintlik “preserveer my.” Om kos te preserveer, is om dit vars te hou tot by die vervaldatum op die verpakking. Sommiges wil hê die Here moet dieselfde met hulle doen. Hy moet hulle ongebruik deur die lewe laat gaan. Hulle moet heel by Hom aankom as hulle aardse rakleeftyd verstryk. Paulus was nooit in die geestelike preservering bedryf nie. Toe ’n profeet genaamd Agabus in Handelinge 21 aankondig dat hy in Jerusalem gevange geneem gaan word, het Paulus se helpers gemeen hy moenie nie soontoe gaan nie. Paulus het dadelik geantwoord dat hulle hom nie met hulle trane moet sag maak nie. Hy was nie slegs bereid om gevange geneem te word ter wille van die evangelie wat hy verkondig nie, maar om hiervoor te sterf. Paulus het verkies dat die Here hom kan opgebruik. Dit het nooit gegaan oor sy preservering of selfbehoud nie. Hy wou nie sy lewe deurbring as iemand wat heeltyd dreig hy gaan nog eendag groot dinge vir die Here doen nie. Hy het dit elke dag gedoen. Hy wou nie hoor hy het potensiaal in die Here se diens nie. Elke aand teen slaaptyd het hy sy potensiaal tot eer van die Here gebruik.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...