Feit is...
- ekerkweb
- Apr 9, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Feit is...
Niemand van ons is ooit te belangrik of te selfstandig om te kan doen wat ons wil en sê wat ons wil nie. Ons dade het gevolge, of ons onbekend of wêreldberoemd is. Ons moet dink wat ons doen. Ons moet ons woorde tel.
Dit is gevaarlik om vrye teuels aan ons emosies te gee; veral aan negatiewe emosies. Talent is kosbaar, maar dis ons diep-gevormde karakter wat ons deur krisisse dra. Talent maak party mense uiterlik suksesvol, maar karater-krake lei tot droogmakery.
Ons mag nooit slordig met ander mense omgaan nie. Ander mense is nie ons bediendes of werkers nie. Die manier hoe ons optree teenoor mense wat in ons oë dalk minder belangrik as onsself is, wys of ons respek vir ander het.
Ons mag nooit ’n identiteit vir onsself skep wat arrogant of traak-my-nie-agtig is nie. Netnou begin ons opleef hieraan.
Ons moet leer om askies te sê vir ons tekorte en aanpassings aan onaanvaarbare gedrag te maak. Dit is waaroor ’n lewe van integriteit voor God en tussen ander gaan. Die Here roep ons in Christus se Naam om reg en heilig te leef.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...