top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Die avontuur van lewensmaats

deur Tom Smith In die boek van Hooglied is daar ’n fantastiese dialoog tussen die man en die vrou. Op een plek word die geliefde beskryf as, “My lover and my friend” As huweliksmaats is ons op die lewensverreikende reis om mekaar lief te hê as “lover” en “friend”. Dit beteken dat ons aanhou groei in die keuse wat ons vir mekaar gemaak het en behels dat ons as lewensmaats daagliks die avontuur van die lewe saam aanpak. Hoe doen ons dit? Daar is baie maniere. Hier is twee voorstelle met vrae wat julle dalk kan ondersoek ... Ons nooi Jesus binne ons vriendskap in. ’n Wyse oom het vir ons geleer dat ’n huwelik soos ’n driehoek is waar Jesus aan die boonste punt is, huweliksmaats is aan die twee kante van die driehoek. Soos ons nader aan Jesus beweeg, groei ons ook nader aan mekaar. Een manier om dit te doen is om saam na Jesus te luister. Hier is ’n vraag wat julle kan bespreek: “Hoe kan ons as vriende nader aan ons vriend Jesus groei?” Ons kan ook opnuut die lewe saam geniet as mekaar se “lovers”. Ons doen dit deur iets te doen wat ons albei geniet. Albei. Dalk is dit om by ’n gunsteling restaurant te gaan eet of saam ’n fliek te gaan kyk. Miskien is dit om op ’n romantiese uitstappie te gaan. Dalk is dit om mekaar te verras met iets spesiaal. Hier is nog ’n vraag wat julle kan bespreek, “Hoe sal dit lyk om iets saam te doen as “lovers”?” O, en as jy gewonder het waar daardie Hooglied vers is, nooi ek julle uit om die boek hardop vir mekaar te lees ... dalk help dit om mekaar te herontdek as “lover” en “friend” :)

bottom of page