top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Vasbyt in gebed kry ons op God se plek

deur Stephan Joubert

Warren Wiersbe skryf iewers: “Persistence in prayer is not an attempt to change God’s mind, but to get ourselves to the place where He can trust us with the answer.” Met ander woorde, gebed gaan nie daaroor dat ons God moet forseer om iets te doen, of om van opinie te verander nie. Gebed verander ons heel eerste. Gebed belyn ons met God se wil. God wil ons by daardie plek bring waar Hy ons kan vertrou met sy antwoorde. Daarom dat ons Jesus se gebed in Getsemane daagliks agterna moet bid: “Nogtans nie wat ek wil nie, maar wat U wil, o God!” Gebed laat ons altyd laag buig voor God. Dit laat ons tot rus kom aan sy voete. Gebed bring ons reeds tot hemelse rus hier op aarde. Om te bid tot God se eer, is om reg te bid. Om te bid om Hom en Hom alleen te eer, is om gebed baas te raak. Sulke gebed is om die vryheid en oorvloed van die Here te beleef. Totdat dit gebeur, is gebed eintlik maar net ’n ritueel en ’n plig wat geen vreugde of vryheid bied nie. Bid reg en leef!

bottom of page