top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Geloof is nie vernis nie

deur Stephan Joubert Vernis speel ’n belangrike rol in die houtwerkbedryf. Dit dien as beskermende boonste laag vir hout. Vernis beskerm hout teen al die elemente. Maar die dilemma met vernis is dat dit papierdun is. Dit werk, maar ook net vir ’n rukkie. Iewers vergaan hierdie bolaag bo-oor hout. Vernis dring nie diep genoeg in om hout permanent te beskerm nie. Die uitdaging is dat ons geloof nie net soos geestelike vernis sal werk nie. Oppervlakkige geloof wat net ons uiterlike vroomheid opkikker maar nie ons siel verander nie, help nie te veel nie. Geloof is nie vernis nie; dit is ’n karakter-veranderende verhouding met die lewende God. Egte geloof maak ’n radikale verskil aan ons dagboek, ons geldspandering, ons taal. Geloof spreek ons harte se versteekte vrees en kommer aan. Dit verlig ons geheime oortredings. Geloof in Christus verskuif ook ons prioriteite aanhoudend in sy rigting en in die rigting van ander mense. Geloof verander ons om God se heerlikheid by die dag al hoe meer te weerkaats.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page