Oppas vir donker geheime
- ekerkweb
- Mar 12, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Party mense leef baie jare lank met donker geheime. Dit vreet hulle op. Hulle gewetens herinner hulle gedurig daaraan dat hulle ’n leuen leef en dat hulle voorgee om iemand te wees wie hulle nie is nie. Wanneer so ’n geheime “tweede lewe” nie aangespreek word nie, ly dit tot eindelose negatiewe emosies. Niemand wat met integriteit voor God leef, kan ’n geheime lewe in stand hou nie. God se Gees laat dit nie toe nie. Hy roep almal om in die lig van die Here te leef. Die enigste eerbare roete is om sulke donkerte in ons lewens lig te gee. God se vergifnis kan enige donkerte uitwis. Hy loop graag ’n pad van herstel met struikelaars en lei hulle om ook te gaan regmaak met diegene wat hulle benadeel het. Tog kies sommiges om nie hulle eie donkerte aan te spreek nie omdat dit net te seer is, of omdat hulle publieke beeld in die gedrang sal kom. Die gevolg: hulle harte word kliphard. Moenie deel van hierdie harde–hart brigade wees nie. Doen die regte ding: kry vandag nog hemelse Lig.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...