top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Vanaf nêrens tot orals

  • ekerkweb
  • Feb 19, 2015
  • 1 min read

deur Stephan Joubert Die profeet Habakuk het geleef in ‘n chaotiese tyd toe die magtige Babiloniese weermag alles voor hulle met die aarde gelyk gemaak het daar rondom die beginjare van die sesde eeu voor Christus. Uiteindelik het Jerusalem ook voor hulle mag geval. In hierdie tyd het die profeet Habakuk ook opgetree. Aanvanklik het hy gemeen God is nêrens te siene nie (hoofstuk 1). Habakuk se leuse kon net sowel gewees het: “God is nêrens.” “God is nowhere.” Toe doen hy die regte ding deur te begin wag op die Here (hoofstuk 2). Skielik het Habakuk agtergekom God is nie afwesig nie. Hy is nou hier. Toe verander sy leuse na: “God is now here.” In sy wagtyd het die profeet by God gehoor dat regverdiges deur die geloof sal lewe. Die hemele het toe bokant die eens omgesukkelde profeet oopgegaan. Habakuk het skielik die heerlikheid van God orals raakgesien terwyl lofliedere oor sy lippe uitgebreek het (hoofstuk 3). Hy het ontdek: “God is orals.” “God is everywhere.” Van nêrens tot orals, dit is regte die reis van geloof. Om God te sien, is om in geloof op Hom te wag en te doen wat Hy vra.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page