Drie danspassies vir families
deur Tom Smith Die vroeë kerk het die verhouding van God die Vader, Seun en Heilige Gees as ’n dans beskryf. In die begin dans God ’n nuwe gemeenskap aan die lewe. Die lewe van God is so vrolik en uitbundig dat God ’n nuwe gemeenskap skep. In Genesis hoor ons hoe die dans uitgebrei word ... “En God het gesê: “Laat ons mense maak na ons beeld en gelykenis” ... Dallas Willard skryf dat, “Die doel van God in die geskiedenis van die mens is die ontwikkeling van ’n inklusiewe gemeenskap van liefdevolle mense, met God ingesluit in hierdie gemeenskap as die hoofbron en mees roemryke inwoner.” God dans ’n nuwe gemeenskap van liefde los en die gesin is die eerste groep. Soms strompel ons in ons gesin se dans en val ons oor mekaar se voete. Hier is drie dans passies wat ons kan help om in ritme met mekaar en ons dansende God te kom: Sê vandag vir die mense in jou lewe “Ek is lief vir jou” — doen dit terwyl jy jou geliefdes in die oë kyk. Victor Hugo het iets beetgehad toe hy gesê het, “To love another person is to see the face of God.” Maak seker jy sê jammer wanneer jy op die mense in jou lewe se tone trap. Ouers, maak seker jy bely wanneer jy oorreageer of jou frustrasies op die kinders in jou lewe uithaal. ’n Hartlike jammer verenig ons weer in die dans van die lewe. Wanneer iemand jammer sê vergewe. Henri Nouwen beskryf dit só mooi, “Forgiveness is the name of love practiced among people who love poorly. The hard truth is that all people love poorly. We need to forgive and be forgiven every day, every hour increasingly. That is the great work of love among the fellowship of the weak that is the human family.” Hierdie is drie danspassies wat ons kan help om ’n gemeenskap van liefdevolle mense te word wat deel in God se liefdesdans. Watter ander danspassies kan jy en jou familie nog aanleer?