top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Waardevermeerdering is aan die orde van die dag

  • ekerkweb
  • Feb 12, 2015
  • 1 min read

deur Stephan Joubert Waardevermindering tref die meeste artikels in ons huise. Vat maar enige nuwe motor. Skaars het mens hiermee uit die vertoonlokaal gery, of dit is derduisende rande minder werd. Ook ons as mense is die slagoffers van waardevermindering. Hoe ouer ons word, hoe minder verbuikerswaarde het ons gewoonlik vir die samelewing rondom ons, en vir ander. Kyk dan net hoeveel ouer mense word deur hulle kinders en kleinkinders vergeet, of heeltemal afgeskryf. Gelukkig geld waardevermindering nie voor God nie. Paulus vertel in 2 Korintiërs 4:16 vir gelowiges dat al word ons liggame ouer, nogtans word ons innerlik van dag tot dag vernuwe. Ons is met ander woorde in ’n opwaartse groei-kurwe. God is besig is met ’n waardevermeerderings oefening in ons. Dag vir dag groei ons in wysheid en geestelike kennis. Daagliks maak die Heilige Gees ons van binne af nuut. Dit waarborg Hy in sy Woord. Daarom kan ons met vreugde leef, selfs al haal pyne en skete ons soms in en soms al verloor ons ons werk. Ons kosbaarheid neem by die dag toe voor God. Waardevermeerdering is die wagwoord waar die Here aan die werk is, nie inflasie of agteruitgang nie.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

​

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

​

Regnr:  2004/011580/08​

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page