Honger en versadig in dieselfde asem
- ekerkweb
- Feb 5, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Psalm 63 vertel van die psalmskrywer se diep verlange na God. Soos ’n wildsbok in die woestyn wat na water smag, so verlang hy na God. Sy diepste begeerte is na ’n groter bewussyn van die Here se teenwoordigheid. Mense wat met God wandel ken ook hierdie dieper dors. Nooit gaan dit weg nie. Aan die een kant weet hulle dat die Here hulle honger en dors vir altyd aangespreek het. Jesus is immers die Brood wat lewe gee. Hy is die Water van die lewe. Wie sy lewende water drink word nooit weer honger nie, en wie sy lewende brood eet word nooit weer honger nie. En tog, omdat God se kinders steeds met hulle voete vierkantig hier op moederaarde leef, is daar altyd ’n diep soeke na God in hulle hart; na nog meer van sy teenwoordigheid en nabyheid. Oorgenoeg en te min, dit is die belewenis van God se volk hier op aarde. Te veel en te min — so word die pad van geloof uitgekap, beleef en geleef! Saam met Paulus jaag sy kinders Christus se volmaaktheid na asof hulle dit kan gryp. Hulle honger gedurig na nog meer van die Here se heiligheid en liefde.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...