Daar’s nie iets soos ’n geloof-hyperama nie
- ekerkweb
- Jan 29, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert Geloof is nie op uitverkoping nie. Daar’s nie allerhande spesiale aanbiedings teen afslagpryse op die geloofsfront beskikbaar nie. Dit is definitief nie predikers se werk om geloofsaanbiedings namens die Here orals aan te bied sodat Hy hoog op mense se gewildheidsleer moet bly nie. God sit nie angstig en wag op ’n bietjie aandag van ons kant af nie. Sy enigste vriende is regtig nie net ’n paar verdwaalde kerklikes nie. Hier’s die regte feite:
Ons dien God op sy voorwaardes. Hy is die Here, ons is sy knegte.
Ons volg Christus waar Hy ookal gaan, nooit andersom nie.
Dit kos ’n prys om te glo, want God gaan nie heeltyd vir ons gee wat ons graag wil hê, of alles wat ons van Hom vra nie. God bedryf nie, met respek gesê, ’n hemelse eenstop-diens of ’n geestelike hyperama wat in al ons aardse behoeftes op aanvraag moet voorsien nie. Alles en behalwe! Eers wanneer ons die prys reg bereken en op die Here se terme agter Hom aankom, beleef ons sy liefde en trou reg.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...