top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Nabyheid

deur Stephan Joubert Nabyheid beteken verantwoordelikheid. As navolger van Jesus kan jy nie anderpad kyk as mense rondom jou nood ly nie. Of as hulle leef soos hulle wil nie. Jy leef immers op die pad na Jerigo toe, daardie einste pad waarop die Samaritaan homself bevind het van wie Jesus ons in Lukas 10 vertel. Hierdie verhaal onderstreep dat ons nie kan beplan wanneer of hoe ons ’n naaste vir ander mense wil wees nie. Ons het nie die “luukse” om eers te kyk of dit inpas by ons besige program nie. Ons kan nie ons naaste–wees afsprake iewers op ’n “gepaste tyd” skeduleer nie. Dit gebeur onverwags en onbepland. Al wat ons moet doen, is om elke dag met die liefde van die Here te leef. Dan sal ons weet dat ons nooit aan die anderkant van die pad kan verbystap as mense oor ons pad gestuur word nie. Die Here se liefde sal ons die straat laat oorsteek na daardie plekke waar Hy Hom oor mense ontferm. Dit is mense wat smag na sy aanraking, na hulp, na kos, na omgee, na redding. In sulke oomblikke moet ons die Here se noodhulpspan wees. Ons moet dan verantwoordelikheid vat en toelaat dat die Here ons gebruik.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page