My manifesto vir 2015
deur Stephan Joubert
2015 se se eerste porsie goeie nuus skop af met ’n manifesto. Wikipedia omskryf ’n manifesto as “a published verbal declaration of the intentions, motives, or views of the issuer, be it an individual, group, political party or government.”
My manifesto vir 2015:
Om Christus met alles in my na te volg
Om goed te doen in Jesus se Naam sonder om ooit iets terug te verwag
Om ander geestelik ryk te maak, al voel ekself soms baie arm
Om vrygewig te leef
Om ’n voltydse leerder te wees wat elke dag lees, luister en oplet
Om te doen wat ek moet, sonder om alles vir almal te probeer wees
Om vrede te maak met die feit dat ek sommige mense sal teleurstel, en nie sal opleef aan almal se verwagtings nie
Om mense altyd met respek en deernis te behandel
Om te sorg dat die woorde “askies” en “mooi so” ’n deel van my normale woordeskat uitmaak
Om vergeetagtig te wees wat my eie behoeftes en belange betref