top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Bevriend

  • ekerkweb
  • Dec 26, 2014
  • 1 min read

deur Stephan Joubert Die New Oxford American Dictionary se woord van die jaar ’n paar jaar gelede was “unfriend.” Hulle definisie hiervan is: “To remove someone as a ‘friend’ on a social networking site such as Facebook.” Nou ja, God is nie sterk op “unfriend” nie. Hy maak graag vriende. En Hy behou hulle graag lewenslank as Sy vriende. Wonder jy dalk wie tel onder God se vriende? Wie bevriend Hy by wyse van spreke? Psalm 146 bied ’n verrassende antwoord hierop. Sy vriende sluit diegene in wie se hoop op Hom alleen gevestig is. Ook sluit dit verdruktes en hongeriges in. God sien sulke mense raak, al loop die res van die wêreld by hulle verby. Gevangenes, blindes en teneergedruktes tel ook onder sy vriende, aldus Psalm 146. Die Here tel hulle graag op en verbind hulle wonde. Regverdiges, vreemdelinge, weeskinders en weduwees kry ook nog plek in God se vriendekring. Nooit gaan hierdie mense wat Psalm 146 as God se vriende opnoem se lyding of nood ongesiens by Hom verby nie. Vir wat “unfriend” onsself sulke mense dan so maklik? Hoekom tel Psalm 146 se mense nie aldag onder ons vriende nie? Dis hoogtyd dat ons nuwe vriende maak, God se soort vriende!

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page