top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Nederigheid is ’n werkwoord

deur Stephan Joubert

Lukas 1:46-55 (Die Boodskap):

“Ek maak die Naam van die Here groot. Ek juig oor God. Hy is my Redder. Ek is glad nie belangrik nie, ek is maar een van God se diensmeisies, tog het Hy my raak gesien. Van nou af sal my naam op almal se lippe wees. Alle geslagte sal sê dat ek die gelukkigste vrou op die aarde is, want die Almagtige het groot dinge aan my gedoen. Hy is heilig. Daar is niemand soos Hy nie. Sy goedheid hou aan van geslag tot geslag. Die Here het magtige dinge gedoen. Hy het maar net ’n beweging met sy hand gemaak, dan het groot dinge gebeur. Almal wat te veel van hulleself dink, het Hy oor die aarde verstrooi. Magtige heersers het Hy van hulle trone afgestamp, en nederige mense belangrik gemaak. Honger mense het Hy by ’n feesmaal laat aansit, terwyl die rykes met leë hande moes wegstap. God het sy volk Israel baie jammer gekry. Hy het nooit sy beloftes vergeet wat Hy aan hulle gemaak het nie. Hy het sy goedheid oor hulle uitgestort, presies net soos Hy aan Abraham belowe het – aan hom en aan sy hele nageslag. Ja, God se beloftes is vir altyd waar.”

Maria sing haar “magnificat”, haar loflied, nadat sy gehoor het sy gaan die Messias in die wêreld bring. Hierdie lied wemel van God se grootheid. O ja, en van die tema van menslike hoogmoed en nederigheid. Maria vertel jubelend vir die Here dat dit Hy is wat klein en onbenullige mense raaksien terwyl Hy by die magtiges verbystap. God kan hoogmoed nie uitstaan nie. Heersers wat te vol is van hulleself stamp Hy van hulle trone af. Rykes wat hulle besittings net op hulleself spandeer maak God woedend. Stemloses en onbenullige mense is binne Sy visier. Daarom ontferm God Hom oor Maria, die nederige jongmeisie van Nasaret, en daarom dat Hy vandag steeds nederige mense raaksien en gebruik.

  • Nederigheid? Wel, dis nie ’n ekskuus-dat-ek-leef houding nie. Nederigheid is ’n verhoudingsterm. Dis ’n werkwoord. Jy sien nederigheid slegs in aksie. Nederigheid word ervaar in hoe mense voor God en tussen ander leef.

  • Nederigheid is die lewenslange wete by navolgers van Christus dat hulle die verkeerde mense is vir die regte roeping! Lewenslank weet hulle dat God hulle geroep en gered het ten spyte van al hulle sondes en tekorte. Lewenslank weet hulle dat as dit nie vir God se verniet-genade was wat in hulle lewens ingestroom het nie, dan was hulle steeds hoop-verlore in die donker.

  • Nederigheid is vergeetagtigheid. Hulle praat nie heeltyd oor hulleself, hulle nuutste prestasies, hulle belangrike vriende, of al die groot dinge wat hulle vir die Here doen nie. As jy in hulle teenwoordigheid is, kom jy spoedig agter hulle stel meer in jou en in ander mense belang as om die soeklig op hulleself te laat val.

  • Nederige mense praat groot oor hulle groot God. Al is hulle klein, leef hulle luidkeels tot eer van sy Naam.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page