Droogmakers kom tuis
- ekerkweb
- Dec 11, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Jy hoor dikwels van moeilike jongmense. Min van hulle hou kers vas met die verlore seun van Lukas 15. Hy is ’n regte klein rebel. Hy verklaar sy eie pa dood as hy sy erfporsie opeis en padgee. Nadat hy alles op sonde en partytjies uitgemors het, keer hy verleë terug na sy pa se huis. Dan wag die verrassing van ’n leeftyd op hom: voordat hy nog sy sondes kan bely, word hy deur sy pa met oop arms omhels. Anders as die gepaste gedrag vir ryk mense in daardie tyd, naamlik om waardig te loop, gooi die pa alle etiket oorboord. Hy hardloop sy kind uitbundig tegemoet. Sy vreugde maak dat hy sy wegloopkind omhels en soen — sonder dat hy op daardie tydstip eens weet met watter motiewe dié terugkeer. Terwyl die seun nog probeer vra om soos ’n slaaf behandel te word, kry hy die beste klere, ’n ring, skoene en ’n feesmaal. Presies soos hierdie pa tree God ook op. Hy ly aan amnesia as ons ons oortredings voor Hom bely. Hy spesialiseer in genade. Hy vier uitbundig fees saam met elkeen wat tuiskom nadat hulle in ’n ver land verdwaal het.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...