Leer leef
- ekerkweb
- Dec 4, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
“Die Here het my geroep om voltyds vir Hom te werk,” sê ’n voornemende leraar eendag vir my. “Is daar enige ander opsie as die Here jou tot sy diens roep?” vra ek dadelik. Miskien was dit oorhaastig van my, maar te veel mense dink roeping is slegs gelyk aan om ’n predikant of pastoor te word. Of om ’n sendeling of jeugwerker te wees. Tog is Jesus se roeping aan alle gelowiges presies dieselfde. Sy roeping is tegnies net twee woorde lank: “Volg My!” Jesus nooi ons almal uit tot voltydse navolging van Hom. Hy roep ons eerstens tot ’n 24/7 verhouding met Hom, nie tot om allerlei take of opdragte vir Hom uit te voer nie. Dit volg later. Roeping gebeur altyd verhoudingsmatig. Ons word geroep om so naby aan Jesus te loop dat ons die lewe slegs deur sy oë sal bekyk en deur sy ore sal aanhoor. Dan eers sal ons weet wat ons vir Hom moet doen. Vanuit ons navolging van Jesus leer ons hoe om te leef
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...