Ekerk projekte terugvoer: Desember 2014
- ekerkweb
- Dec 2, 2014
- 1 min read
deur Magriet Smit
Vir meeste van die kinders by Nuwe Hoop Sentrum sal daar nie ‘n Kersdag wees op die 25ste Desember. Vir diegene wat wel huise het waarheen hulle kan gaan, kan hul ouers nie iets soos ‘n geskenk bekostig nie.
Ekerk projekte het gehelp dat gister Kersdag was vir die kosbare kinders. Daar was geskenke uitgedeel deur ‘n Kersvader, daar was ‘n slang en reptiele-vertoning (wat hulle monde laat oophang het en skater het van die lag) asook ‘n opgemaakte saal met heerlike verversings.
Aan almal wat bygedra het om die dag onvergeetlik te maak vir hulle…BAIE DANKIE.
Spesiale dank aan: Ekerk projekte, Landy Steenkamp en die span in Worcester, Riaan de Villiers en Groote Kerk vir die reel van die slang en reptiele vertoning, asook die skenking van boeke deur die Cape Town Angels via Groote Kerk.
Mag Kerstyd ‘n tyd van gee wees, en ‘n geleentheid om Jesus se lig te skyn…veral na diegene wat voel hulle word vergeet.

Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...