Geen Mede-Vliënier nie
- ekerkweb
- Nov 27, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert Onlangs luister ek na ’n sakeleier wat in ’n aangrypende lesing vertel ons is slegs die rentmeesters of “stewards” van God se aardse fondse. Ons is hoegenaamd nie die besitters hiervan nie, maar slegs rentmeesters van dit wat God aan ons toevertrou het. Hy voeg toe ook by dat as ons slegs aan God die rol van mede-vlieënier in ons lewens toeken, dan is ons in groot moeilikheid, want dit is nie eens ons vliegtuig nie. Alles is God S’n. Niks wat ons het is ons eie nie. Dis aan ons geleen om met wysheid te bestuur. Nee, dis aan ons geleen om ruim te saai in God se koninkryk, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 9:6-15 skryf. Ons roeping is om sy goedheid, genade en gawes op verskillende maniere te deel met ander. Die Here kyk regtig nie hoeveel ons maandeliks opspaar en wegsit vir ons eie gerief nie, maar wat ons alles uit die hart met ander deel. Nie ’n enkele bekertjie water wat ons weggee gaan ooit ongesiens by die hemel verby nie. Dit wat ons rykmaak is dit wat ons deel en weggee in die Here se Naam.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...