top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Vrygewigheid

deur Stephan Joubert Onlangs het ekerk ’n studie oor vrygewigheid en weggee onder Afrikaanssprekendes geloods. Sowat 86% van die respondente het aangedui dat hulle kerklik-betrokke is. 39% van hulle het aangedui hulle verkies om hulle tyd weg te gee, 31% kies om lewensmiddele en ander noodsaaklikhede te gee, en 30% mense deel ook hul geld met ander. Oor die motiverings vir weggee dui 57% mense aan dat die Bybel hulle so leer, terwyl 44% dit doen vanweë ’n innerlike oortuiging om goed te doen. Weggee is steeds redelik hoog op gelowiges se agenda. Die Nuwe Testament leer ons dat weggee gegrond is in Christus se radikele weggee van homself. Hy wat skatryk was het om ons onthalwe arm geword om ons geestelik skatryk te maak. So skryf Paulus in 2 Korintiërs 8:9. Daarom dat ons in dieselfde ritme as ons Heer en Meester leef van dien en weggee. Nee dit gaan nie net oor die weggee van ons besittings nie, maar oor die gee van onsself vir die Here en vir ander. As ons dit snap, dan het selfs die armstes onder ons ook iets het om te gee. Nee, dan het ons onsself om te gee!

bottom of page