top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Na 30 sekondes!

deur Stephan Joubert As jy vir mense vra hoe gaan dit, hoor jy dadelik iets soos: “Dit gaan goed, dankie!” Wag vir 30 sekondes of so, dan hoor jy hoe dit eintlik met hulle gaan. Na die eerste sarsie “goed dankies” kom die volle waarheid gewoonlik uit. As ek post-30 sekondes na party mense luister, is hulle gekrenk, beswaard of sommer net pleinweg omgekrap. Almal het goeie redes hiervoor. Dis die regering, die kerk, die skool, of die samelewing se skuld. Op een of ander manier is ons almal slagoffers van die lewe. Om egter in slagoffer-laagte uit te kamp trek ons net dieper in ’n dodelike leefpatroon in. Dan moet ons gedurig kompeteer vir die slagoffer van die week trofee! En boonop ook galbitter voel, dink en praat! By Paulus leer ek in 2 Korintiërs 6 dat die Here ons geroep het om hoop-verspreiders te wees. Hy vertel hier hoe hyself gereeld vervolg, beledig en vertrap is. Nogtans het hy nooit sy hoop in Christus verloor nie. Trouens, Paulus vertel dat, hoewel hyself brandarm was, hy gedurig ander ryk gemaak het in die Here. Sy antwoord was om van sy eie omstandighede te vergeet en ander te seën in Christus se Naam. Leer by hom.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page