top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

God ly soms aan geheueverlies

deur Stephan Joubert

Hoe lank onthou jy die onregte wat mense jou aandoen? Jare dalk? Ek ken mense wat na tien jaar steeds in die fynste detail ander mense se foute onthou en dit steeds teen hulle hou. Wat ’n loodsware klip om te dra. Wel, hier’s ’n nuusflits as jy dalk ook sukkel met amnesia wanneer dit ander se foute en oortredings betref - God ly dikwels aan geheueverlies. Ja, jy het reg gelees! Hy vergeet graag mense se sondes en mislukkings. God is regtig vergeetagtig as dit kom by verkeerde dinge wat ons opreg voor Hom neergesit het. Daar’s regtig nie genoeg stoorplek in die hemel vir al ons afbetaalde rekenings nie. O ja, vir ingeval jy dalk vergeet het: Die kruis van Golgota is die hemelse uitveër wat ons lewe van hoek tot kant nuut maak. Die kruis vertel dat God vir ons kant gekies het en dat Hy van ons hou, maak nie saak hoe diep en ver ons in die lewe geval het nie. Die kruis sê God begin elke keer oor met ons. Hy vergewe en vergeet. Hy maak die boeke finaal toe. Glo dit en gaan leef vanuit hierdie ruim hemelse genade.

bottom of page