top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Moord, doodslag en hoop

deur Stephan Joubert Mae West het gesê: “You only live once, but if you do it right, once is enough.” Helaas word party mense nie die tyd gegun om dit behoorlik te doen nie. Moordenaars doof hulle lewenslig veels te vroeg uit. Sportmanne, regslui, boere, geestelikes, oues, jonges — niemand spring deesdae hierdie geweldenaars se moorddadigheid vry nie. Vrees en wanhoop is die gevolg. “Is ek dalk volgende?” wonder vele. Ander hou selfs op met glo omdat hulle meen dis God se werk om die moordenaars te keer, en blykbaar doen Hy dit nie. Hoe gemaak? Is dit nou veg of vlug tyd? Of wat? Sal nog ’n rondte beskuldigings in die owerhede se rigting help? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat soortgelyke omstandighede nie onbekend was aan baie Bybelskrywers nie. Vat vir Dawid. Ons lees in 2 Samuel 15 en verder hoedat hy moet vlug vir sy moorddadige kind, Absalom. Kaalvoet moet die eens magtige koning nou uit Jerusalem wyk en in grotte en die oop veld gaan wegkruip. Dis gevaarlike tye hierdie. Dis tye dat verbittering maklik Dawid se geestelike are kon laat verkalk. Maar dit het nie. Hoekom nie? Psalm 3 bied die antwoord. Dawid skryf dit juis in hierdie vlug-tyd. Dan is daar een groot belydenis op sy lippe en dit is dat God hom van sy heilige berg af verhoor het (Ps 3:5). Al het Dawid van posisie en adres verander, God het nie! Hy is steeds op sy heilige berg. Vandag nog is dit waar. Al brand die land, en al is daar geen oes op die lande nie, en al is daar geen beeste meer oor in die kampe nie (Habakuk 3:1719) — God is steeds die Here. Daarom kan ons saam met Dawid in die Here rus en saam met Habakuk in Hom jubel.

bottom of page