Kan God ook huil?
- ekerkweb
- Oct 30, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert “A God who cannot suffer cannot love. A God who cannot love is a dead God.” So skryf die beroemde Duitse teoloog Jürgen Moltman. Die ou Griekse en Romeinse gode was onbeweeglike bewegers. Hulle het niks gevoel vir hulle menslike onderdane nie. Daarom dat hulle morsdood was... en steeds is! Die lewende God van die Bybel is soveel anders. Lyding is nie onbekend aan Hom nie. Toe sy eie Kind hier op aarde die Via Dolorosa in ons plek geloop het, het God pyn geken; sommer baie ook! Sy trane oor Jesus wat besig was om daar te sterf het die aarde donker gemaak. Toe het die son ophou skyn terwyl Jesus daardie Vrydagoggend aan die kruis gehang het. God se liefde maak dat Hy Homself gee. Genade kos Hom net mooi alles. Nee, die Here het nie ’n kaartjie uit die hemel gestuur wat sê Hy dink aan ons nie. Inteendeel, Jesus het tussen ons kom loop om God se hart vir ons te wys. Hy het in ons plek doodgegaan en ons pyn op sy eie skouers gelaai. God se liefde laat Hom ly. Daarom, omdat Hy medelye met ons pyn en lyding het, kan Hy ons elke keer uithelp.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...