top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Daar’s ’n verskil tussen ’n af-tyd en ’n af-lewe

  • ekerkweb
  • Oct 23, 2014
  • 1 min read

deur Stephan Joubert

“My lewe is so vaal en voorspelbaar dat ek elke aand van verveeldheid aan die slaap raak.” Dit raak iemand onlangs kwyt na jare se diens in die kerk. Nou ja, ons elkeen het ons af-tye, maar dis iets anders as ons ’n af-lewe leef waar nie eens die evangelie van Christus ons meer opgewonde maak nie. Wanneer verveeldheid en voorspelbaarheid ons permanente adres geword het, dan moet ons dadelik verhuis. Ek weet nie maklik nie; veral nie as dit tweede natuur geraak het om in ’n vervelige groef te leef nie. Maar die verhuising begin as ons Jesus vars en nuut ontdek.

Ons kort ’n tweede bekering, een waar Jesus opnuut die Skat in die saailand van ons eie saai bestaan word. En waar ons Hom toelaat om ons daagliks op nuwe ontdekkingsreise deur die hemelse skatkamers rond te vat. Dan begin ons in dieselfde asem om Jesus se nabyheid rondom ons op te merk in elke persoon vir wie ons ’n bekertjie koue water aangee. Of in elkeen vir wie ons bid en met sy liefde op die hande dra. Dan breek die lig deur, Christus S’n! Dan verander ons nagmerries skielik in goeie drome waar die engele van God op en af klim teen die hemelse leer.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page