top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Sê nou...

deur Stephan Joubert

• Sê nou ons geloof sou nie krag- en mag-aangedrewe wees nie, maar diens-aangedrewe.

• Sê nou ons belangrikste geloofsimbole sou nie magsbeelde wees nie, maar simbole wat nederigheid uitbeeld.

• Sê nou ons sou nie magtige vegters vir die Here probeer wees nie, maar doodgewone knegte van Christus wat uit die pad van erkenning staan en ander mense in sy Naam dien.

• Sê nou ons sou nie die klem gedurig laat val op al ons geestelike deurbrake en suksesse nie.

• Sê nou ons lewens sou gedurig stil, mooi verhale vertel van hoe Christus mense met sy genade aanraak, wat dan? Sou ons dan nie veel nader aan Jesus se hartklop gewees het nie? Edmond Gozzi sê juis ons elektoniese kultuur met al ons super selfone en blitsvinnige internetverbindings bring ‘n tendens na vore wat hy noem “empatie vanaf ‘n afstand.” Deur middel van internet bankfasiliteite kan ons blitsvinnig geld gee vir noodprojekte aan die anderkant van die aardbol. Ook kan ons ‘n SMS stuur aan mense ver van ons af om te sê ons dink aan hulle. Natuurlik moet ons hierdie media gebruik tot God se eer. Tog vervang “elektroniese empatie" nooit gesig tot gesig kontak nie. Daar’s geen alternatief tot ons persoonlike nabyheid aan ander in Jesus se Naam nie.

bottom of page