Per–missie
- ekerkweb
- Sep 24, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert Toe ek iewers na ’n jong Amerikaanse kerkleier sit en luister, besef ek opnuut hoe ekself dit vir jare verkeerd gedoen het. Daar in die harde wêreld van Detroit leer hy sy gemeente dat een van hulle kernwaarhede ‘Per–Mission’ is. Almal in daardie geloofsgemeenskap is voltyds ‘per missie’. Almal van hulle het ook toestemming om te doen wat die Here op hulle harte plaas om te doen. Nee, dit beteken nie ’n chaotiese “free for all” nie. Maar dit beteken definitief ook nie daardie kommissie–aangedrewe roete waar almal eers maande lank moet wag vir kerklike fondse omdat daar nie begroot is vir onverwagse goeddoen aksies nie. Wanneer ons besef die Here se verkeerslig het lankal groen geslaan en dat elke godsdienstige verkeersknoop net maar ons eie skuld is, begin die regte soort beweging posvat. Dan raak ons vry genoeg om met die minimum hoeveelheid hulpmiddele die Here se aardse koeriers en kelners te wees. Dan meld ons voltyds aan vir geloofsdiens as Jesus se aardse stemme, hande en voete. Geloof is 24 uur per dag per–missie in Jesus se aardse soekgeselskap en diensspan.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...