top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Kry vandag se brood betyds

  • ekerkweb
  • Sep 22, 2014
  • 1 min read

deur Stephan Joubert Vanoggend toe ek hierdie woorde skryf, herinner ek myself weer dat God opdaag by elke dag waarin die woord “dag” voorkom: Maandag, Dinsdag, Woensdag... Saterdag, Sondag. Soos wat Klaagliedere 3 sê, is sy genade elke oggend nuut. Soos wat die Israeliete in Eksodus 16 leer, is sy hemelse manna elke oggend vars. God is betyds by elke dag wat vandag genoem word. Hy is die Here wat spesialiseer in daaglikse brood. En sy aflewer-tyd is altyd vandag. Ons mis uit op vandag se porsie lewende brood omdat ons nie elke oggend buk en dit optel en ook gelowig eet nie. Dalk het ons vergeet van die woorde van 2 Korintiërs 4:16 dat, al vergaan ons uiterlik, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Die Here se trou en goedheid is inderdaad elke oggend nuut. Hy is getrou op sy pos met sy vernuwende goedheid in ons lewe. O ja, ook met ons daaglikse porsie gewone brood. Baie gelowiges is kwaad vir die Here want hulle wil eintlik net duur kos en luukse dinge hê, eerder as hulle gewaarborgde porsie daaglikse brood. Dan verwyt hulle vir God omdat Hy nie voorsien het nie. Hoor weer: God is elke dag betyds met vandag se brood. Daarom dat Dawid in Psalm 37 kan skryf: “Ek was jonk en ek het oud geword en nog nooit het ek ’n regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood bedel nie.”

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page