top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Sal jy vandág hemel toe wou gaan?

deur Milanie Vosloo

Vir die mense wat die Here dien, sal Hy goed wees. - Psalm 22:27

‘n Professor vra die klas: “Wie van julle wil graag hemel toe gaan?” Omtrent almal steek hul hande op. Net daarna vra hy: “Wie sal vandag, nou op hierdie oomblik hemel toe wil gaan?” Nie een student het kans gesien om positief te reageer nie.

Wat sal jý antwoord as God jou vandag hierdie vraag vrae? Sal jy onmiddellik “Ja, Here!” antwoord. Of sal jy Hom vra om jou darem maar net eers nog ‘n paar dae, maande, jare te gee ... Dalk is daar ‘n klompie dinge wat jy eers sou wou afhandel, miskien wil jy eers jou kinders of kleinkinders sien grootword of is daar iemand wat jy eers om vergifnis sou wou gaan vra of aan wie jy self vergifnis wil gaan uitdeel? Dit mag wees dat jy voel dat jy op hierdie stadium van jou lewe met leë hande voor God sal staan: dat jy regtig niks het om Hom te bied nie. Nog niks gedoen het om sy koninkryk te bevorder nie. Of dalk wil jy net nog kans hê om nog méér vir Hom te doen?

Die Gees wil ons help om so te leef dat ons enige oomblik gereed sal wees om God te ontmoet. Ons moet Hom net toelaat om dit te doen, gehoorsaam wees aan sy stem en werklik gaan leef op die manier hoe Hy ons lei. Doen ons dit, is vandag nie te gou nie!

bottom of page