Uitstel en afstel
- ekerkweb
- Sep 11, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert God is baie veiliger as diegene wat Hom hier op aarde verteenwoordig. Selfs Dawid het op ’n dag gekies om eerder in die hande van God te val toe hy oortree het as in die hande van mense. Die rede? Dawid het geweet hy kon veel meer genade by God te wagte wees as by mense. God hou nie vir altyd boek van die kwaad nie. Hy is vergeetagtig as dit by die onthou van oortredings kom wat voor Hom neergesit is. So leer Psalm 103 ons. Die Here deel graag nuwe kanse uit. Nog meer, Hyself maak hierdie kanse, soos wat Jesus ons leer in Lukas 13:6-9. Bedoelende, Jesus bewerkstellig graag ’n seisoen van uitstel in God se wingerd vir elke vrugtelose vyeboom. Natuurlik reik Hy nie lisensies uit om in die gemors rond te lê nie. Inteendeel, Jesus spit gedurig die grond in ons harde harte om en werk goeie geestelike bemesting in ons lewens in. Hy sit sy eie reputasie op die spel deur vrugte te waarborg op sy werk in die hemelse Eienaar se wingerd. Daarom kan ons altyd genade te wagte wees as in Christus se omgewing.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...