Glashuise is ook genade-huise
- ekerkweb
- Sep 4, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert “Almal bly in huise van glas.” So lui die lirieke van een Afrikaanse liedjie. Inderdaad! Nie een van ons staan die wennersplekke vol as volmaakte lewens ter sprake is nie. Iewers druip ons almal ’n toets of twee in die lewe. Ons integriteit laat ons soms in die steek. Ons praat voor ons dink. Ons vang iets simpels aan en kan nie na die tyd glo dat ons dit gedoen het nie. Daarom dat God my so beïndruk. Hy weet net mooi alles van ons elkeen af. Hy ken ons diepste en ons heel vlakste motiewe. Hy is die hoorder van elke woord wat ons sê en die leser van elke gedagte wat ons dink. Nogtans hou Hy van ons. Hy is bereid om van voor af te begin. Dit beteken nie Hy hou van ons droogmakery nie. Glad nie. God kan dit nie uitstaan nie. Maar sy genade troef sy ontsteltenis elke keer. Strome van lewende water vloei voltyds in die rigting van al God se kinders. Oor en oor en weer en weer skenk Hy dit verniet en tot oorlopens toe aan ons. Die rede: Jesus Christus! Hy staan die pad vol tussen ons glashuise en God.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...