Magneties
- ekerkweb
- Aug 28, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert Doen voordat jy praat. Wys voordat jy teregwys. Stap op die Here se pad eerder as om net daarop te staan. Dit is die boodskap van Paulus aan die kerk in die stad Kolosse. Hulle oog moet heeltyd op Christus wees, soos wat hy in Kolossense 3:2 vertel. Maar dan moet hulle gedrag tussen ander mense dit wys. Mans moet hulle vrouens met liefde dien en begelei — so skryf die apostel in hoofstuk 5. Ouers moet ook deernisvol teenoor hulle kinders optree, skryf hy net hierna. Werkers en werknemers moet in dieselfde asem groot agting vir mekaar hê en mekaar met respek behandel. Nugterheid en vriendelikheid moet gelowiges se lewens van begin tot einde kenmerk. Geloof wat magneties is, is nie hard of veroordelend volgens Paulus nie. Egte geloof groei altyd uit harte wat sag gemaak is met die liefde van Christus. Gelowiges word dus sagter, wyser en meer ontfermend namate hulle op sy pad stap. Altans, so is dit veronderstel om te wees. Dalk kort ons almal weer ’n dosis van Kolossense se wysheid. Dan sal ons harte sag genoeg word om al die beskikbare spasie aan God se eer en sy belange af te staan (Kol 3:17 en 23).
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...