“Ek wil jóú Christus hê”
- ekerkweb
- Aug 19, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo Dadelik het die hoof van die tronk ’n fakkel by een van die wagte gevat en binnetoe gehardloop ... “Menere, sê asseblief vir my wat ek moet doen om in die regte verhouding met God te kom,” het hy gepleit. Paulus en Silas se klere is so pas van hul afgeskeur en hulle het elkeen ’n behoorlike drag slae gekry omdat hulle dit durf waag het om die Evangelie te verkondig. Hierna is hulle met boeie vasgebind en in ’n koue, donker tronksel gegooi. Dan lees ons hoe hulle — ondanks hul wonde en vrees vir die dood — lofliedere tot eer van God begin sing. En uiteraard was die ander gevangenes verstom hieroor. Toe die Gees later die nag die tronkdeure laat oopgaan, kon die hoof van die tronk dit net nie meer hou nie en pleit hy dat Paulus-hul hom sal vertel hoe hy dit kan kry wat hulle het. Wanneer Paulus hom vertel dat Hy in die Here Jesus moet glo, word hierdie gevangenis-offisier nie alleen ’n bekeerde nie, maar word ook sy hele huisgesin gelowiges (Hand 16:19-34). Wat ’n lewende getuienis van iemand wat die dood in die oë gestaar het! En wat ’n voorbeeld vir ons! Vir ons wat vry is! Vir ons wat ons geloof vrylik mag verkondig. Vir ons wat die Gees in ons het en die Woord elke dag voor ons het! Mag ek en jy elke dag so leef dat ander sal vra: “Wat moet ek doen om die Christus te hê wat jy het?” Maak my ’n elke-dag-se lewende getuie, Jesus.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...