top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Hoe hou ek op om bang te wees

deur Stephan Joubert “Ek is bang.” Dit is die taal en ervaring van derduisende mense. Vrees is ’n realiteit. Vrees maak jou blind en irrasioneel. Dit laat jou veg en vlug. Vrees haal die mooi uit jou lewe uit en laat net die skerpkante oor. Die Here weet dit. Daarom dat Hy keer op keer vir al sy mense sê: “Moenie bang wees nie!” Hierdie woorde geld ook vir jou. Ook jy is ’n aangespreekte. O ja, dis nie maar net mooi woorde nie. Dis ’n Goddelike opdrag: MOENIE BANG WEES NIE! Hoe hou jy op om bang te wees? Wel, jy hou net op. Jy kies om die Here se gerusstellende woorde te hoor en nie al daardie bangmaak stemme in jou binneste nie. Jy hou op om jouself blind te kyk na die reuse rondom jou. Jy kies om jou ore uit te leen vir God se stem en om doof te raak vir stemme van vrees. Jy kies om jou oorspiere te oefen om die Here goed te hoor. Jy leer om Hom elke dag te hoor en te ervaar. So krimp vrees. So groei jou geloofsvertroue in die lewende God wat altyd en oral by jou is.

bottom of page