Groei
- ekerkweb
- Jul 31, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert ’n Amerikaanse vriend vertel vir ons dat ’n troeteldierwinkel in sy kinderdae alligators verkoop het. Hierdie reptiele was in bokse verpak met ’n instruksie dat hulle nie hieruit verwyder moet word nie. Die rede was nie soseer om mense teen hierdie reptiele se skerp tande te beskerm nie, maar om te keer dat die alligators groter as hulle bokse groei. Dieselfde gebeur ook met mense. Ons word gedurig in allerlei benoude boksies ingedwing sodat ons nie die status quo versteur en dinge ongemaklik maak vir ander rondom ons nie. Dit is net diegene wat die moed het om God se groter roeping op hulle lewe te aanvaar wat ooit uit hulle mensgemaakte boksies groei. Die res sluk maar hulle gemeenskappe se stereotipes en boksies gedwee. God vra veel meer as dit van ons. Hy roep ons tot ’n nuwe lewe anderkant mensgemaakte boksies. Hy roep ons om saam met ’n Moses van ouds die gevaarlike roete na die Beloofde Land toe aan te durf. Hy nooi ons uit om saam met Paulus die onbekende roete regoor vandag se Romeinse Ryk plat te loop. Waag dit net! Dan sal ander rondom ons ook uit hulle boksies klim en die Here anderkant hulle eie geriefsones begin navolg.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...