top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Meer Hy. Minder ek.

  • ekerkweb
  • Jul 30, 2014
  • 1 min read

deur Milanie Vosloo Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel. — Filippense 2:5 Het jy al daaraan gedink hoe ’n groot skuif dit vir die Seun van God was om aarde toe te kom? Om as Koning van die Heelal tussen ons klomp gewone mensies te kom bly, deur ons oningeligtheid en selfvoldaanheid verneder te word en deur ons onsinnigheid vir ons te sterf? Dis ’n ondenkbare selfgekose vernedering! En tog ... het Hy — al was Hy God — dit met groot liefde gedoen ... miskien juis omdat Hy God is! Dit klink altyd so maklik om te vra: Wat sou Jesus doen?, totdat ons onsself op ’n manier vir iemand anders moet opoffer. Totdat ons ons eie eer, status en gemak moet prysgee om ander mense op te hef, te help of deur ons liefde te seën. Dan klink dit glad nie meer so maklik om soos ons Heiland op te tree nie. Miskien moet ons in sulke moeilike tye onthou wat die Vader uiteindelik met sy Seun gedoen het. Hoe Hy Hom verhoog het deur Hom aan sy regterhand te laat sit. En hoe elke mens op aarde eendag voor Hom gaan buig. Alles wat ons op aarde beleef, is tydelik. Daarom kan ons — hoe moeilik ook al — maar altyd die pad getrou agter ons Meester aanloop en elke dag bid dat ons meer en meer soos Hy sal dink ... voel ... en doen. Here, ek wil soos U wees. Help my asseblief.

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page