top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Dis is nie so ingewikkeld soos wat ons dink nie

deur Stephan Joubert

“Dis nie so ingewikkeld soos wat julle dink nie,” het ’n wiskunde onderwyser eenkeer vir ons gesê. Toe mompel een van ons klasmaats: “Wat gee vir meneer ooit die idee dat ons dink?” Nou ja, die meeste dinge in die lewe wat saakmaak, is nie so ingewikkeld soos wat ons dink nie. Ek praat van ’n eenvoudige roetine soos om elke dag vir spesifieke mense op die naam te bid. Of om gewone dinge volskaals tot eer van die Here te doen, soos hoe ons inkopies doen en motor bestuur; hoe ons winkelassistente, petroljoggies of huiswerkers aanspreek, en hoe ons sosiale media gebruik. Dit is juis in sulke alledaagse handelinge dat die Here se nabyheid sigbaar word... of nie! Maar dit vra ook om ’n stuk nadenke aan ons kant. Om elke dag af te skop met gelowige refleksie oor dit wat ons daardie dag tot Sy eer en tot seën van ander gaan doen, is ’n eerste lewensbelangrike tree tot ’n eenvoudige, maar effektiewe geloof. ’n Wyse lewe is gelyk aan daaglikse gelowige nadenke oor, en ’n uitleef van daardie dinge wat die Here se hart blymaak. En dis nie so ingewikkeld soos wat ons dink nie!

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page