Ekerk Noodprojekte Terugvoer — Junie 2014
- ekerkweb
- Jul 18, 2014
- 1 min read
deur Magriet Smit
Projek: Poppies Ekerk het gedurende Junie 2014 by ’n wonderlike persoon gaan kuier. Sy is iemand wat groot dinge in God se koningkryk doen d.m.v. poppies wat sy vir kinders brei. Ons het besluit om mev. Blankenberg te seen met ’n hamper van wol en ander spesiale items vir haar uitgesoek. Mev. Blankenberg het haar 84ste verjaarsdag gevier en het al oor die 500 van hierdie poppies gebrei. Sy en ander dames regoor SA brei hierdie poppies as vrywilligers om uit te stuur na ’n projek van Straatwerk. Die poppies word daar gebruik om kinders op skoolvlak te bemagtig met boodksappe rondom molestering, prostitusie, ens. Mag God mev. Blankenberg en die ander dames seën wat hulle talente in sy koningkryk gebruik om Sy liefde en boodskap uit te dra!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...