Om wonderwerke te sien is nie gelyk aan geloof nie
- ekerkweb
- Jul 10, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert In Johannes 2 lees ek dat baie mense in Jesus geglo het toe hulle al die tekens sien wat Hy doen. Maar dan sê Johannes ’n verrassende ding. Jesus het nie in hulle geglo nie. Die rede? Hy het mense se harte geken. Hy het geweet die meeste glo maar net solank daar tydelike byvoordele op die godsdienstige spyskaart ingesluit word. So lank as wat die Messias wonderwerke op aanvraag gedoen het, het mense in hulle massas agter Hom aangestroom, maar toe daar ’n kruis op Jesus se skouers begin rus, het hulle soos miswolke voor die son verdwyn. Hoor hier, Jesus is nie maar net ’n wonderwerker nie. Sy dade openbaar in die eerste plek sy almag en sy heerlikheid. Om in Hom te glo, gaan nie net oor die ervaring van wonders nie. Geloof wat hierop gebaseer is, is papierdun. Nog meer, Jesus glo nie juis mense wat net glo op grond hiervan nie. Die groot vraag is dus nie of ons in Jesus glo nie, maar of Hy in ons glo. En Hy sê juis in Johannes 20 Hy glo in diegene wat nie sien nie en nogtans in Hom as die Here glo!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...