top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Kry die skepping uit die intensiewe eenheid

deur Stephan Joubert Naby die klein dorpie Kalkar op die grens tussen Nederland en Duitsland het die Duitse regering ’n klompie jare gelede ’n reuse kernaanleg begin bou. Toe betoog die inwoners en ander beswaardes so aanhoudend en ernstig hierteen dat hierdie peperduur projek uiteindelik gestaak is. Dit is nou omskep in ’n pretpark. Nou speel kinders daar. Hierdie voel vir my al te veel na ’n profetiese aksie. Ons kan nie wegkyk as God se skepping geplunder word deur gieriges en magtiges nie. Wapens moet in landbou implemente verander en vyande in vriende, soos wat die Bybel ons leer. Ons elkeen moet op ons eie maniere sorgdra vir God se mooi skepping. Om dit op te pas is ons roeping en verantwoordelikheid. Ons moet sorg dat kinders kan speel in ons Hemelse Vader se mooi wêreld en dat klein en groot veilig voel. Deur ons gebede, ons aksies en ons stemme moet ons dit laat gebeur. Dit is nie net ons dure roeping om ander te vertel van Christus se nuwe lewe nie, maar om ook ons Vader se kosbare skepping uit die intensiewe eenheid te kry. Hy wil immers nie net ons siele red nie, maar ook ’n nuwe hemel en aarde tot stand bring.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page