top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Ekerk Nood Terugvoer

deur Magriet Smit Ons hoor daagliks van bende geweld hier in die Wes-Kaap. Tydens ’n konferensie oor “Die Kerk en Geregtigheid” wat deur Groote Kerk aangebied is vroeër vanjaar, het ek die voorreg gehad om vir klein Lesray Mentor en haar familie te ontmoet. Die mensie se lewe het onherroeplik verander na sy haar mamma aan die dood moes afstaan a.g.v. bende geweld wat in hierdie geval, met taxi-geweld gekoppel word. Soos alle moeders weet, is die dag na kraamverlof ’n moeilike dag. Dis ’n dag waarin jy die eerste keer vir jou babatjie moet totsiens sê om voldag (vir meeste) te gaan werk. Vir Lesline Mentor was dit ook die geval. Vir die enkel-mamma was dit haar eerste keer weer terug werk toe na die geboorte van haar kleinding. Vir Lesline en Lesray was dit ongelukkig die laaste keer wat hul mekaar sou sien daardie oggend vroeër vanjaar. Lesline was die slagoffer van ’n sinnelose aanval op ’n taxi eienaar (wat ook noodlottig gewond was in hierdie voorval). Die familie was stukkend oor die nuus. Lesline se Ma, Francina, maak Lesray groot, maar soos hulle erken, gaan dit soms maar sukkel sukkel finansieel. Ons het dit goed gedink om Libby (Lesray se Tannie wat ook help met die versorging van Lesray) te neem vir ’n inkopie dag, om vir die spesiale dogtertjie wintersklere te koop. Dit was ’n spesiale dag saam met Libby en klein Lesray. Ons gebed is dat hierdie gebaar van elke nuwe kledingstuk, vir Lesray en haar familie ’n simbool sal wees dat daar hoop is en dat daar mense is wat omgee. Dankie aan elke persoon wat gehelp het om hierdie dag moontlik te maak. Klein Lesray lyk soos ’n Prinsessie met haar pragtige nuwe wintersklere!

bottom of page