Hoekom is lekker soms so sleg?
- ekerkweb
- May 23, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo Die Here antwoord toe: “ ... Ek sal groot dinge met jou laat gebeur. Besluit nou om alles te doen wat Ek vandag van jou vra...” — Eksodus 34:10c,11a ’n Sappige stuk room- of wortelkoek met ’n skuimende Cappuccino is darem maar vreeslik lekker! Of ’n kaserige stuk pizza, ’n lang draai-op roomys, neuterige sjokelade ... Ja, daar is baie heerlike versoekings wat elke dag hul draai by ons kom maak. Dinge wat vir ’n oomblik of paar minute “geluk” gaan bring en waaroor ons iewers in die toekoms spyt kan wees. En omdat die wêreld dit vir ons so aantreklik maak, is dit so maklik om daarvoor te swig. Om elke dag gesonde oordeel aan die hand te lê en deurentyd te kies om eerder die régte (en moeiliker) besluite te neem, is ’n aanhoudende proses van slaag en mislukking. Van val en opstaan, van spyt en trots. Dis ’n pad wat ek en jy definitief nie alleen kan loop nie. Daarvoor is daar maar net te veel ongesonde en verkeerde aantreklikhede in die wêreld om ons. Miskien moet ons ons langtermyn visie vir ons lewens, ons liggame, ons toekoms elke dag van voor af afstof. Weer onthou hoe ons wíl voel, hoe ons wíl lyk en met watter gemoed ons vanaand wil gaan slaap. Kom ons wees elke oggend van voor af ingestel op die liefdevolle stem van die Gees in ons. Die Gees wat weet wat die kort- en langtermyn gevolge van ons besluite is. Ek wil U volg met alles wat ek doen, Heilige Gees.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...