Speel agtergrond musiek
- ekerkweb
- May 22, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Ek lees van ’n beroemde skilder wat vertel dat elke keer as ’n kunswerk van hom verkoop het, dan het hy nog ’n vriend verloor. Die rede? Jaloesie. Hulle kon hom nie sy bietjie sukses gun nie. Soms is dit ook die geval as die Here mooi lewensliedere deur party van sy kinders se lewens komponeer. Dan raak ander godsdienstiges venynig, agterdogtig of sommer net pleinweg jaloers. Kyk net hoeveel venynige blogs en webblaaie is daar teen kerkleiers waar hulle motiewe op on-Christelike maniere verdag gemaak word. Dit lyk of ’n stukkie jaloesie selfs vir Petrus oorval het daar in Johannes 21 as hy vir Jesus begin uitvra oor die geliefde dissipel. Hierdie dissipel het na sy gevoel net te veel aandag gekry van Jesus se kant af. Toe antwoord Jesus dat hy wat Petrus is maar net sy eie roeping moet vervul. Hy moet sy oog van die geliefde dissipel verskuif na Jesus toe. Dit is hoe jy jaloesie uitknikker. Jy hou jou oog op die Here. Jy gun ander daardie stukkie lewensmusiek wat die Here hulle wil laat speel. Jy ondersteun hulle. Jy speel selfs ’n stukkie agtergrondmusiek vir hulle!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...