Soms is ’n ompad dié pad
- ekerkweb
- May 16, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo Teen dagbreek het almal gekyk of hulle die land kon herken, maar dit het nie bekend gelyk nie. — Handelinge 27:39a Soms beland daar ’n stok in ons speke. Ons is gefokus op iets, op pad na ’n seker bestemming en oortuig daarvan dat ons planne soos beplan gaan uitwerk. En dan … gebeur daar iets wat ons tot stilstand dwing, ons totaal van koers afneem en ons dan laat wonder waarom dinge dan nou nie verloop soos ons gedink het dit sal nie. Wanneer hierdie stop op ons lewenspad ’n groot ding is en dit ons ernstig beïnvloed, kan ons nogal opstandig raak, selfs vies vir God wees. In Handelinge 27-28 lees ons hoe Paulus ook per skip op pad was Rome toe toe ’n storm hulle totaal van koers afdwing. Uiteindelik beland Paulus en sy reisgenote op ’n eiland Malta: ’n eiland wat glad nie op hul roetekaart was nie. Dis hier waar Paulus toe die geleentheid kry om wonderwerke te doen, siekes gesond te maak en God se groot krag vir die inboorlinge te wys. En so maak God van ’n ompad en geleentheidsreis. Wanneer dit voel of jou lewenspad maar net nie op koers wil bly nie, kan jy dalk vra: is jy nie juis op koers nie? Is die stok in jou speke nie dalk ’n manier om jou te bring waar God jou wil gebruik nie? Soms is ’n ompad juis dié pad: die pad wat ons Vader vir ons beplan. Gees van God, help my om ’n geleentheid in elke verleentheid te sien.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...