Vanaf gewoonte–verslaafdes tot
deur Stephan Joubert Ons val soms vas in ou bekende roetes — dieselfde kos, dieselfde sitplekke in die kerk, dieselfde TV programme... Later klink al ons gesprekke ook dieselfde met dieselfde klagtes, kritiek en vrese. Ons is gewoonte–verslaafdes. Nou ja, daar is niks verkeerd met gesonde roetines en mooi geestelike dissiplines nie. Die probleem is egter wanneer ons verval in sekere gedragspatrone wat ons lus en energie steel om nuwe dinge aan te leer en nuwe roetes aan te durf. Die uiteinde is dan dat ons leerprosesse grootliks tot stilstand kom. Ons kreatiwiteit kom ook dan tot ’n einde. Wat ’n duur prys om te betaal! Gelukkig is daar goeie nuus:
Die Here het ons gemaak om lewenslange leerders te wees.
Die Here het deur sy Gees aan ons ’n ingeboude kapasiteit gegee om nuwe terrein vir Hom in te palm.
Die Here gee aan die vermoë om elke dag nuut te begin in Sy Naam. Elke dag is ’n nuwe dag in die koninkryk van God.
Ons kan en moet nuwe paai vir die Here stap. Daar is nog baie onontginde roetes op sy pad. Daar is nuwe mense om te ontmoet, nuwe brood om uit te deel, nuwe boeke om te lees, nuwe gesprekke. Waag dit net!