top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

God se Bio is net drie woorde lank

deur Stephan Joubert Soos wat jy ouer word, bou jy ’n CV, ’n Curriculum Vitae, op. Dit is ’n skriftelike verslag van alles wat jy al bereik het in die lewe — jou kwalifikasies, poste, toekennings en ander prestasies. Deesdae verkies party mense eerder ’n Bio. Dit vat die storie van jou lewe kortliks in verhaalvorm saam. God het ’n aangrypende Bio. Sy mees kragtigste een is net drie woorde lank. Hy som Homself die heel beste op in die volgende drie woorde: “God is liefde.” Nee, Hy bied nie tien beskrywings van sy almag, alwetendheid, alomteenwoordigheid of beheer oor die wêreld aan as Hy Hom aan ons bekendstel nie. Dit los Hy oor vir teoloë en kerklike dogmas. Van sy kant af benodig God net drie woorde. Sy wese en sy dade vloei saam in hierdie een enkele sin. As jy God op sy allerbeste wil ervaar, dan moet jy kyk waar sy liefde in aksie is. Wel, daar kan geen twyfel wees oor waar jy moet begin en eindig as jy op soek is na God se liefde nie: die kruis van Christus! God se liefde skitter die helderste by die kruis en die leë graf. Daar waar Jesus Homself weggee om sy Vader se verlore aardse eiendom terug te wen en die dood se bande ook afgooi, sien jy hemelse liefde in volkleur aan die werk. Omdat God super-sterk is, kon Hy gekies het vir straf, vuur en oorlog om ons aandag te trek. Hy het nie, want Hy is liefde. Daarom is Jesus sy hemelse water vir die groot vuur. Hy is lewende brood vir ons almal se groot hongerte. Om Jesus te ken, is om ook God se liefde deelagtig te wees. Leef daarbinne.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page