top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Norme

deur Stephan Joubert

Eenvoudige lewenswysheid ontbreek te veel kere in ons as gelowiges se lewens. Ek praat van Spreuke se soort wysheid wat maak dat jy weet wanneer om jou mond te hou en wanneer om te praat. Gaan loer gerus in by Spreuke 11 en 12 watter lesse daar alles te leer is oor die regte gebruik van jou woorde. Maar wysheid beteken ook:

  • Om ander te respekteer. Suid Afrika is vrot van disrespek. Dit loop rond in die gestaltes van rassisme, snobisme, seksisme en godsdienstige meerwaardigheid. Respek beteken dat ons ons opinies en waarde-oordele oor ander terughou en dat ons nie mense beoordeel op grond van dinge soos hulle voorkoms, kleredrag, geld of geloof nie. In Paulus se woorde in 1 Korintiërs 13 vra dit dat ons die beste van ander glo en verwag.

  • Om ons plek te ken. Wysheid is om te weet hoe om met deernis, nederigheid en bedagsaamheid te leef. Dit maak dat ons onsself nie heeltyd op die voorgrond stoot of net oor onsself praat nie. Ons wil nie gedurig vir ander laat verstaan hoe belangrik ons is of wie ons almal ken nie.

Jaag God se wysheid na. Dit sal jou lewe mooi versier.

bottom of page